Ongelukkig vorentoe sal ek nie die resepte publiseer nie daarvaar sal julle die kookboek moet koop :)
Die Sunrise suprise het om en by so 25 min gevatg om 4 broodjies te maak vir middag ete dit was redelik vinnig en maklik en 'n vinnige rits in 'n trollie om die bestandele bymekaar te maak.
Dit is moeilik om die smaak van die broodjie te beskruif vir julle maar dit was beslis baie interesant, ek het nie gedink ek gaan elke bestandeel op sy eie proe nie maar na my 2de happie kon ek al klaar die smaak van die olywe proe en die heerlike mostert smaak op my tong het my tone laat krul...
Die appelkoos konfyt komplimenteer die eier baie goed met so soutige nasmaak van die lekker vars ham.
Die is beslis ene wat julle sal moet leer maak, dit is vinnig maklik en jy sal jou vriende beindrik met die vinnige happie, al hoewel hul gaan tou staan vir nog.
Ek het nie my kamera saam my op vakansie nie toe neem ek sommer gou die fotos met my selfoon ;)
Hilda Vertel: Ek droom nogal snaakse drome. Een wat my in koue sweet laat uitstlaan, is Oubaas wat vir Moekie op Rondomskrik gaan haal om by my in die deli te kom eet.
En dan sit ek vir haar my Sunrise surprise special voor, wat sy nie kan eet nie omrede haar tande te stomp is.
Kry nie die ham so mooi deurgebyt nie, sien. Net dan kom Netta Nortje ingewaggel en skrik ek met 'n gil wakker.
Gelukkig kan ek en Oubaas dan bakkie le en kan ek tot ruste kom.
Maar die volgende dag sal ek een maak, net om die bose gedagtes te besweer, en dan eet ek hom aleen op.
Mens kan nie van anchovy toast en tee aleen lewe nie gesiggie, al moet ek dit self se.
Tot ons volgende ete
Groete
Eben