Onlangs het ek die eienaar geword van die 7de laan se nuutste kookboek, ek het eers gedink dit is nou maar net nog 'n kookboek maar na ek so paar blaaie deur is was ek al so honger ek wou net in my kar spring huistoe ry en gou iets anmekaar slaan!
Toe ek nou die boek gekoop het, het ek nou baie mooi deurgeblaai en begin lees, toe ek besef dat hierdie disse nie baie moeilik is nie en enige iemand wat nie baie van kook weet hieruit sal kan kook, dis nou toe ek besluit het om die blog te begin om julle te wys hoe maklik dit kan wees.
Oor die volgende paar maande gaan ek random resepte kook uit die boek van die laan, elke dag iets anders of vir elke geleentheid, ek sal my blog opdateer na elke dis en besruif hoe dit smaak en hoe moeilik dit was om te maak...
Ek hoop die mense wat my blog volg sal dit geneit en saam die padjie na my maag stap..hehe
Hou my blog dop vanaf Jan 2011 vir meer inligting :)
Groete
Eben
No comments:
Post a Comment